Mark 13:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? daar mag nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop het Jesus hom geantwoord: “Hierdie groot geboue wat jy sien, sal so volledig tot op die grond afgebreek word dat daar nie een klip op die ander sal oorbly nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie! |
| Afrikaans 1983 | Jesus sê vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus sê toe vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal beslis nie een klip op 'n ander gelaat word nie – alles sal afgebreek word. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hom gesê: “Sien jy hierdie groot geboue? Die vyande sal al hierdie geboue afbreek. Daar sal nie een muur regop bly staan nie. Dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sien julle al hierdie groot geboue?” vra Jesus. “Hulle sal tot op die grond toe afgebreek word. Daar sal nie een klip op ’n ander een gelos word nie.” |