Mark 13:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want in daardie dae sal verdrukking wees soos daar nie was van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe nie, en ook nie sal wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal ’n tyd van swaarkry wees, erger as enigiets wat gebeur het sedert God die wêreld gemaak het of wat hierna sal gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. |
| Afrikaans 1983 | want in daardie tyd sal daar so 'n verdrukking wees soos daar van die begin af, vandat God die wêreld geskep het tot nou toe, nog nie was nie en ook nie sal wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nog nie was sedert die begin van die skepping wat God geskep het, tot nou toe nie, en beslis ook nie sal wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In daardie dae sal mense baie swaar kry. Tot nou toe het niemand so swaar gekry nie, van die begin af toe God alles gemaak het, tot nou toe. Niemand sal weer so swaar kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nog nooit in die geskiedenis van hierdie wêreld was daar so iets nie en so iets sal ook nooit weer gebeur nie. |