Mark 13:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En laat hom wat op die dak is, nie in die huis afgaan en daarin nie ingaan om iets uit sy huis te neem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy op jou dakstoep sit, moet jy nie eers ondertoe gaan en in jou huis gaan om in te pak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie; |
| Afrikaans 1983 | Die man wat op die dakstoep sit, moet nie ingaan om iets in sy huis te gryp nie; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie op die dakstoep is, moet nie ondertoe gaan of ingaan om iets uit sy huis te gaan haal nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat dan op die dak van sy huis is, moenie wanneer hy afklim, eers in die huis ingaan om iets te gaan haal nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy op jou stoep sit, moenie eers in die huis ingaan om enigiets te gaan haal nie. |