Mark 13:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die broer sal die broer aan die dood verraai, en die vader die seun; en kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die een broer sal die ander een oorgee om doodgemaak te word en ’n pa sy kind. Kinders sal teen hulle ouers optree en so hulle dood veroorsaak.
Afrikaans 1933/1953 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
Afrikaans 1983 Die een broer sal die ander oorlewer om doodgemaak te word, en selfs 'n pa sy kind. Kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Broer sal broer aan die dood oorlewer, en 'n vader sy kind. Kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een broer sal 'n ander broer hof toe vat en vra dat die hof hom moet straf en doodmaak, en so sal 'n pa ook sy kind hof toe vat. Kinders sal opstandig wees teen hulle ouers en hulle sal hulle ouers laat doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit sal so sleg gaan dat ’n broer niks daarvan sal dink om sy eie broer te verraai sodat hy doodgemaak kan word nie. Pa’s sal dit ook aan hulle kinders doen. Kinders sal ook nie meer na hulle ouers wil luister nie. Hulle sal teen hulle ouers draai en nie omgee om hulle te laat doodmaak nie. Mense sal niks meer met julle te doen wil hê nie omdat julle aan My behoort. Hulle sal julle sleg behandel waar hulle kan.