Mark 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter soort klippe en watter geboue hier is!
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Jesus van die tempel af weggaan, sê een van sy dissipels vir Hom: “Leermeester, kyk net na hierdie massiewe klippe in die mure! En die ontsaglike geboue!”
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!
Afrikaans 1983 Toe Jesus van die tempel af weggaan, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, kyk watter geweldige klippe en watter geweldige geboue!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy die tempelterrein verlaat, sê een van sy dissipels vir Hom: “Meester, kyk net watter indrukwekkende klippe en geboue!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus wegstap van die tempel, sê een van sy dissipels vir Hom: “Meneer, kyk na hierdie groot klippe en hierdie groot geboue!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl Jesus-hulle so uit die tempelterrein stap, sê een van sy volgelinge vir Hom: “Here, kyk hierdie massiewe rotsblokke waarmee die tempel gebou is. Is die gebou nie pragtig nie?”