Mark 12:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat sal die heer van die wingerd dan doen? hy sal kom en die landbouers uitroei en die wingerd aan ander gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wat dink julle sal die eienaar van die wingerd doen?” vra Jesus. “Ek sal vir julle sê: Hy sal kom en hulle om die lewe bring en die wingerd aan ander mense verhuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. |
| Afrikaans 1983 | “Wat dink julle sal die eienaar van die wingerd nou doen? Hy sal kom en die boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom, die landbouers doodmaak en die wingerd vir ander gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat dink julle? Wat sal die eienaar van die wingerd doen? Hy sal kom en hy sal daardie mense doodmaak en die wingerd vir ander mense gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat dink julle het die eienaar van die wingerd toe gedoen? Ja, hy het self gekom en al daardie huurders laat doodmaak. Die wingerd het hy toe vir ander gegee. |