Mark 12:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop roep Jesus sy dissipels na Hom toe en sê vir hulle: “Weet vir seker, hierdie arm weduwee het meer in die offerkis gegooi as al die ander.
Afrikaans 1933/1953 Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.
Afrikaans 1983 Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “•Amen, Ek sê vir julle dat hierdie weduwee, wat brandarm is, meer ingegooi het as almal wat geld in die offergawekis gegooi het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het sy dissipels geroep en vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat geld in die dankoffer-kis gegooi het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus roep toe sy dissipels. “Luister nou mooi wat Ek vir julle sê. “Het julle daardie arm vrou gesien wat die twee koperstukkies ingegooi het? Sy het meer vir God gegee as enigeen van die ander.