Mark 12:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus het teenoor die skatkis gaan sit en gesien hoe die skare geld in die skatkis gooi, en baie wat ryk was, het baie ingegooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het regoor die offerkis gaan sit en gekyk hoe die skare hulle geld in die kis gooi. In die proses het baie welgesteldes groot bedrae geld ingegooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het oorkant die offergawekis gesit en kyk hoe die skare kopermunte in die offergawekis gooi. Baie rykes het baie ingegooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het voor die dankoffer-kis in die tempel gaan sit en Hy het gekyk hoe al die mense koper geldstukke in die kis gooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het toe ’n rukkie lank regoor die kollekteborde in die tempel gaan sit. Hy kyk toe wat die mense vir die tempel ingooi. Daar was ryk mense wat sommer baie geld ingegooi het. |