Mark 12:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat die huise van die weduwees opeet en vir 'n skyn lang gebede doen: hulle sal groter veroordeling ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle beroof die weduwees skaamteloos van hulle huise en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal hulle ekstra swaar gestraf word.”
Afrikaans 1933/1953 hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.
Afrikaans 1983 Hulle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn lang gebede op. Hulle sal baie swaar gestraf word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle verslind die huise van die weduwees, en vir die skyn bid hulle lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die skrifgeleerdes is mense wat weduwees bedrieg en wat hulle huise vat. En hulle is mense wat baie lank bid sodat ander mense dit moet sien. God sal hulle baie swaar straf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal vroue wat nie mans het nie en nie mooi weet hoe dinge werk nie kul sonder om ’n oog te knip. So sal hulle die vroue se huise kry. Ai, dan bid hulle nog sulke lang gebede om mense met hulle vroomheid te beïndruk. God gaan sulke mense dubbel en dwars straf.”