Mark 12:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het in sy leer vir hulle gesê: Pas op vir die skrifgeleerdes wat lief is om in lang klere te gaan en begroetinge op die markpleine liefhet, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In sy onderrig het Jesus ook nog gesê: “Oppas vir die skrifkenners! Hulle hou daarvan om met swierige klere te paradeer en om op die dorpspleine begroet te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het aan hulle in sy onderrig gesê: Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van begroetinge op die markte hou |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Jesus die mense leer, het Hy gesê: “Pas op vir die skrifgeleerdes, wat daarvan hou om met swierige klere rond te stap en om op straat begroet te word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In sy lering het Jesus gesê: “Pasop vir die skrifkenners! Hulle hou daarvan om met lang stolas rond te loop, op die markpleine begroet te word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jesus vir hulle geleer het, het Hy gesê: “Pasop vir die skrifgeleerdes. Hulle wil graag met deftige klere rondloop en hulle wil hê almal moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die groot groep mense wat daar na Hom gesit en luister het, was dit lekker om te hoor hoe Hy oor God se dinge praat. Terwyl Jesus so oor die dinge van God praat, sê Hy: “Wees baie versigtig vir die geleerde Jode wat so alles van die Skrif af weet. Hulle hou tog so daarvan om gesien te word. Hulle loop met hulle spoggerige klere rond waar die meeste mense hulle kan sien en groet almal dan kamma vriendelik. |