Mark 12:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Dawid het self deur die Heilige Gees gesê: Die HERE het tot my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank vir u voete.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het tog self deur die Heilige Gees gesê: ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.’
Afrikaans 1933/1953 Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
Afrikaans 1983 Dawid self het deur die ingewing van die Gees gesê: “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande onder jou voete geplaas het. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid self het gesê wat die Heilige Gees vir hom gesê het: “ Die Here het vir my Here, die Koning, gesê: Sit hier langs My, op die belangrikste plek. Ek sal jou vyande voor jou laat buig en jy sal jou voete op hulle sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk wat het die Heilige Gees Dawid in die Skrif laat skryf: ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit hier op die ereplek langs My tot Ek met al jou vyande klaargespeel het en hulle magteloos voor jou lê.’