Mark 12:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus antwoord en sê terwyl Hy in die tempel leer: Hoe sê die skrifgeleerdes dat Christus die Seun van Dawid is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Later, toe Jesus besig was om die mense by die tempel te onderrig, het Hy die volgende vraag gestel: “Hoe is dit dan dat die skrifkenners beweer dat die Messias die seun van Dawid is? |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is? |
| Afrikaans 1983 | Jesus het toe voortgegaan om die mense in die tempel te leer, en Hy het vir hulle gesê: “Hoe is dit dat die skrifgeleerdes sê dat die Christus die seun van Dawid is? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná hierdie antwoord van Hom het Jesus op die tempelterrein onderrig gegee en gesê: “Hoe is dit dat die skrifkenners sê dat die Christus Dawid se seun is? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir die mense in die tempel geleer en Hy het vir hulle gevra: “Hoekom sê die skrifgeleerdes dat die Christus die Seun van Dawid is? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus was weer in die tempel besig om mense van God te vertel. Hy vra toe vir die mense by Hom: “Hoekom sê die Joodse skrifkenners dat die beloofde Redder uit die familie van koning Dawid gaan kom? |