Mark 12:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jesus sien dat hy verstandig antwoord, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En geen mens het daarna gedurf om hom enige vraag te vra nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Beïndruk deur die man se insig het Jesus vir hom gesê: “Jy is inderdaad naby aan God se koninkryk!” Hierna het niemand Hom weer met ’n strikvraag in ’n hoek probeer dryf nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie.” Niemand het dit toe meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die •koninkryk van God nie.” Niemand het dit toe meer gewaag om Hom iets te vra nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jesus hoor dat die skrifgeleerde goed geantwoord het, het Hy vir hom gesê: “Jy verstaan nou amper wat dit beteken dat God Koning is.” Die mense wou toe nie weer vir Jesus iets vra nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus kon sien dat hierdie Joodse geleerde weet waarvan hy praat en het toe vir hom gesê: “Jy is baie naby aan God se nuwe wêreld.” Die vrae het opgedroog, want niemand het meer kans gesien om met Jesus in ’n argument betrokke te raak nie. |