Mark 12:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En om hom lief te hê met die hele hart en met die hele verstand en met die hele siel en met al die krag, en om sy naaste lief te hê soos homself, is meer as alle heelbrandoffers en slagoffers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En ek stem volkome saam dat ek Hom moet liefhê met my hele hart, met my volle denke en met al my krag, en my naaste soos myself. Dit is belangriker as al die brandoffers en ander offers.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers. |
| Afrikaans 1983 | En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Om Hom lief te hê met jou hele hart, jou hele verstand en met al jou krag, en om jou naaste lief te hê soos jouself’, is belangriker as al die •brandoffers en diereoffers.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is belangrik ‘ om vir God lief te wees met jou hele hart en met jou hele verstand en met al jou krag’ en ‘ om lief te wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’ Dit is belangriker as al die brand-offers en al die ander offers wat mense vir God gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dat ons Hom moet liefhê met alles wat ons is en het, is regtig baie belangriker as allerhande godsdienstige dingetjies wat ons doen, soos om geskenke vir God tempel toe te bring of om spesiaal tempel toe te kom om aan God te offer.” |