Mark 12:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die skrifgeleerde sê vir hom: Wel, Meester, u het die waarheid gesê, want daar is een God; en daar is niemand anders as hy nie:
Afrikaans (NLV) 2011 Die skrifkenner sê toe vir Hom: “Leermeester, u het dit pragtig gestel. U het tereg gesê dat daar net een God is.
Afrikaans 1933/1953 En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;
Afrikaans 1983 “Pragtig, Meneer!” sê die skrifgeleerde vir Hom. “Dit is waar wat u gesê het: ‘Die Here is die enigste God,’ en ‘daar is geen ander God as Hy nie. ’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die skrifkenner het vir Hom gesê: “Uitstekend, Meester, dit is waar wat u sê, dat ‘Hy die Enigste is en dat daar geen ander is as Hy nie’.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die skrifgeleerde sê toe vir Jesus: “Jy het goed geantwoord, Meneer. Dit is waar wat jy sê: ‘ Daar is net een God, daar is nie 'n ander God nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het dit baie mooi gestel. Ek kan sien dat jy mense goed kan leer,” sê die Joodse geleerde toe. “Dit is waar, daar is net een God en daar is geen ander nie.