Mark 12:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een van die skrifgeleerdes het gekom en hulle hoor redeneer en verneem dat hy hulle goed geantwoord het, en vir hom gevra: Wat is die eerste gebod van almal?
Afrikaans (NLV) 2011 Een van die skrifkenners het nadergestaan en geluister na die argument. Beïndruk deur Jesus se goeie antwoord aan die Sadduseërs, vra hy Hom toe: “Watter gebod is die heel belangrikste?”
Afrikaans 1933/1953 En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?
Afrikaans 1983 Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle 'n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: “Wat is die heel grootste gebod?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een van die skrifkenners wat hulle hoor redeneer het, het nader gekom. Toe hy sien dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy Hom: “Watter gebod is die belangrikste van almal?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die skrifgeleerdes het gehoor Jesus en die Sadduseërs praat met mekaar en hy het nader gekom. Toe hy hoor dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy vir Jesus: “Wat is die belangrikste wet in die Ou Testament?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Geleerde Jood wat veral goed was met die uitlê van wat die Skrif sê, kom toe daar verby. Hy het gehoor met watter goeie antwoord Jesus die Sadduseërs in ’n hoek gedryf het. Hy begin toe ook met Jesus argumenteer: “As ’n mens nou aan al die opdragte en wette van God dink, watter een dink jy is die belangrikste?”