Mark 12:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die tweede het haar geneem en gesterf, en hy het geen saad nagelaat nie, en die derde net so.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tweede een het toe met haar getrou, maar ook kinderloos gesterf. So ook die derde een.
Afrikaans 1933/1953 En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.
Afrikaans 1983 Die tweede het toe met die weduwee getrou, maar hy het ook gesterwe sonder om kinders agter te laat, en die derde net so.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die tweede het haar toe geneem en gesterf sonder om 'n nageslag agter te laat. Die derde net so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die tweede broer het met die oudste broer se weduwee getrou, maar hy het ook gesterf en hulle het ook nie kinders gehad nie. Dieselfde het gebeur met die derde broer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Volgens Moses se wet moet die tweede broer nou met die vrou trou. Sê nou hulle het ook nie kinders nie.