Mark 12:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Meester, Moses het aan ons geskryf: As 'n man se broer sterf en sy vrou agter hom laat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en vir sy broer nageslag verwek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Leermeester, Moses het vir ons ’n wet gegee wat bepaal dat as iemand sterf en sy vrou kinderloos agterlaat, sy broer met die weduwee moet trou en so vir hom ’n nageslag verwek.
Afrikaans 1933/1953 Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek.
Afrikaans 1983 Hulle vra Hom toe: “Meneer, Moses het vir ons voorgeskrywe: ‘As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat maar nie kinders het nie, moet hy met die weduwee van sy broer trou en 'n nageslag vir sy broer verwek.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Meester, Moses het vir ons voorgeskryf dat ‘as iemand se broer sterf’ en 'n vrou agterlaat, ‘maar nie 'n kind nalaat nie, sy broer die vrou moet neem en 'n nageslag vir sy broer moet verwek’.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘ Wanneer 'n man sterf en sy vrou lewe nog, en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se nageslag wees.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle kom toe ook om Jesus uit te vra. “Ons sien jy leer die mense baie dinge oor God. Nou ja, Moses het vir ons geskryf dat as ’n getroude man sonder kinders doodgaan, sy broer met sy weduwee moet trou. Hy moet dan ’n seun in sy broer se plek kry om te sorg dat die familienaam nie uitsterf nie.