Mark 12:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gee aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wel,” het Hy gesê, “gee dan aan die keiser wat hom toekom. Maar gee aan God alles wat Hóm toekom.” Hulle was stomverbaas oor Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom. |
| Afrikaans 1983 | Jesus sê toe vir hulle: “Gee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.” En hulle was stom van verbasing oor Hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Jesus vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat hom toekom en aan God wat Hom toekom.” Hulle was stomverbaas oor Hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet aan die keiser betaal wat aan die keiser behoort, maar julle moet ook aan God betaal wat aan God behoort.” Hulle was baie verbaas oor wat Jesus geantwoord het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou ja,” antwoord Jesus, “as die geld met die keiser se beeld daarop die keiser s’n is, gee dit vir hom. Maar onthou, julle is volgens God se beeld gemaak. Julle behoort aan Hom en daarom moet julle seker maak dat julle julleself aan God gee.” Hulle het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was verstom oor die slim manier waarop Jesus hierdie moeilike vrae hanteer het. |