Mark 12:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie s'n is hierdie beeld en opskrif? En hulle sê vir hom: Die keiser s'n.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle dit vir Hom bring, vra Hy vir hulle: “Wie se kop en titel is hierop afgedruk?” Hulle het Jesus geantwoord: “Die keiser s’n.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s'n.
Afrikaans 1983 Hulle bring toe vir Hom een en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en naam is hierop?” “Die keiser s'n,” antwoord hulle Hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle bring toe een. Hy vra hulle: “Wie se afbeelding en inskripsie is dit dié?” Hulle antwoord Hom: “Die keiser s'n.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle bring toe vir Jesus 'n silwer geldstuk en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?” Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle bring toe vir Hom so ’n geldstuk (want daar was in daardie tyd baie verskillende soorte geldstukke en ’n mens kon nie almal vir belasting gebruik nie). Jesus vra toe: “Kyk mooi na die geld; wie se beeld is hierop en wie se naam staan hier geskryf?” “Die keiser s’n,” sê hulle.