Mark 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle aankom, sê hulle vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en vir niemand omgee nie; want U ag nie die persoon van mense nie, maar leer die weg van God in waarheid: Is dit geoorloof om belasting te gee aan Caesar, of nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle kom vra Hom toe: “Leermeester, ons weet hoe absoluut eerlik u is. U ontsien niemand nie, want u word nie beïnvloed deur mense se belangrikheid nie. Inteendeel, u leer mense wat God van ons verwag sonder om doekies om te draai. Sê nou vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie? |
| Afrikaans 1983 | Hulle kom sê toe vir Hom: “Meneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid en so maak u die wil van God bekend. Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie? Moet ons betaal, of moet ons nie betaal nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle kom toe en sê vir Hom: “Meester, ons weet dat u opreg is en u aan niemand steur nie, want u neem nie die aansien van persone in aanmerking nie, maar onderrig die weg van God waarheidsgetrou. Is dit toelaatbaar om belasting aan die keiser te betaal, of nie? Behoort ons te betaal, of behoort ons nie te betaal nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle kom toe na Jesus toe en sê vir Hom: “Meneer, ons weet jy praat altyd die waarheid. Jy is nie bang vir wat die mense sê van jou nie. Jy kyk nie wie mense is nie, jy doen dieselfde aan almal. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en wat jy vir hulle leer, is die waarheid. Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons die belasting betaal of moet ons dit nie betaal nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe so begin: “Meneer, ons weet jy leer die mense baie dinge oor God. Ons het jou leer ken as iemand wat net die waarheid praat. Jy gee nie om wat hierdie of daardie belangrike mense van jou sê of dink nie, want vir jou is alle mense dieselfde. Jy loop God se pad reguit en leer die mense om dit ook te doen. Sê vir ons, dink jy dit is reg om so baie belasting aan die keiser te betaal? Moet ons hom belasting betaal of nie, want hy is mos ’n koning van ’n vreemde land wat net ons geld wil hê?” |