Mark 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het sommige van die Fariseërs en van die Herodiane na Hom gestuur om Hom in sy woorde te vang.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers het ’n aantal Fariseërs en ondersteuners van Herodes gestuur om Jesus in ’n strik te laat trap.
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op 'n woord te betrap.
Afrikaans 1983 Toe stuur hulle 'n paar van die Fariseërs en van die Herodiane na Jesus toe om Hom met 'n vraag in 'n strik te vang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle stuur toe sommige van die •Fariseërs en Herodiane na Hom, sodat hulle Hom op 'n woord kon vastrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Fariseërs en Herodiane het 'n paar mense na Jesus toe gestuur. Hulle wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, hulle wou hê Hy moet probleme kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n rukkie stuur hulle ’n paar mans na Jesus toe. Hulle was van die godsdienstige Jode uit die Fariseërs en van die ondersteuners van Herodes. Hulle moes Jesus probeer uitlok om iets verkeerds te sê wat hulle ’n rede sou gee om Hom te laat vang.