Mark 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En het julle nie hierdie Skrif gelees nie; Die klip wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword:
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het tog sekerlik al in die Skrif gelees: ‘Juis daardie klip wat die bouers afgekeur het, Hý het die hoekklip van die gebou geword.
Afrikaans 1933/1953 Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
Afrikaans 1983 Julle het tog al in die Skrif gelees: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle het tog hierdie Skrifgedeelte gelees, “ ‘Die klip wat die bouers afgekeur het, juis dit het die hoeksteen geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Het julle hierdie woorde in die Ou Testament gelees? “ Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Het julle nog nooit die stukkie in die Skrif gelees nie waar daar staan: ‘’n Klip wat die bouers nie eens wou gebruik nie en eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien.