Mark 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere op hom gegooi; en hy het op hom gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna bring hulle die jong donkie na Jesus toe. Hulle sit toe hulle bo-klere op die donkie en Jesus gaan sit op hom.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.
Afrikaans 1983 Hulle bring toe die donkie na Jesus toe en sit van hulle klere op hom, en Jesus het opgeklim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle bring toe die donkievul na Jesus en gooi hulle boklere oor hom, en Jesus het op hom gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipels bring toe die jong donkie na Jesus toe en hulle gooi van hulle klere oor die donkie. Jesus het op die donkie gaan sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle met die donkie by Jesus kom, gooi hulle van hulle klere oor die donkie se rug. Jesus klim toe op die donkie. Die mense was baie opgewonde en wou wys dat Jesus baie spesiaal is.