Mark 11:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het weggegaan en die vul gevind wat buitekant by die deur vasgemaak was, op 'n plek waar twee paaie mekaar ontmoet; en hulle maak hom los. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die twee dissipels het toe vertrek en hulle het ’n jong donkie gekry wat buite in die straat by die ingang van ’n huis vasgemaak staan. Terwyl hulle hom losmaak, |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe gegaan en 'n jong donkie by die ingang, buite langs die pad, vasgemaak gekry en hom losgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gegaan en 'n donkievul gevind, vasgemaak by 'n deur buite op die straat, en hom losgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die twee dissipels het gegaan en hulle het buite in die straat 'n jong donkie gekry wat vasgemaak was by 'n deur. Hulle het die donkie losgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is toe daar weg en kry die donkie wat in die straat by ’n deur vasgemaak staan. |