Mark 11:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het geantwoord en vir Jesus gesê: Ons kan dit nie sê nie. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sê ook vir julle nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gevolglik het hulle Jesus toe geantwoord: “Ons weet nie.” Jesus antwoord toe op sy beurt: “Dan gaan Ek julle ook nie sê waar Ek die gesag vandaan kry om so op te tree nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle antwoord en sê vir Jesus: Ons weet nie. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sê hulle toe vir Jesus: “Ons weet nie.” Jesus sê toe vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom het hulle Jesus geantwoord: “Ons weet nie.” Jesus sê toe vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle op watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het die skrifgeleerdes vir Jesus gesê: “Ons weet nie.” En Jesus het vir hulle gesê: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sê toe maar vir Jesus: “Ons weet nie.” |