Mark 11:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as ons sê: Van mense; hulle was bang vir die volk, want almal het vir Johannes gereken dat hy waarlik 'n profeet was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as ons sê dit was bloot ’n menslike saak, is ons ook in die moeilikheid.” Hulle was bang vir die skare, want almal het geglo dat Johannes ’n profeet was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as ons sê: Uit mense -- dan was hulle vir die volk bang, want almal het gedink dat Johannes werklik 'n profeet was. |
| Afrikaans 1983 | Maar moet ons sê: ‘Van mense af’?...” Hulle was bang vir die mense, want almal was van mening dat Johannes werklik 'n profeet was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as ons sê, ‘van mense...’?” Hulle was bang vir die skare, want almal het Johannes inderdaad as 'n profeet beskou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons kan ook nie sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop’ nie.” Die priesterleiers en die skrifgeleerdes en die familieleiers was bang vir die klomp mense, want almal het gedink dat Johannes regtig 'n profeet was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle egter sê: “Dit was sommer die idee van mense,” is hulle in die moeilikheid by die gewone mense, want almal het geweet dat Johannes regtig iemand was wat van God af gekom het. |