Mark 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? sê julle dat die Here hom nodig het; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ sê dan: ‘Die Here het die donkie nodig; Hy sal hom nou-nou terugstuur.’”
Afrikaans 1933/1953 En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
Afrikaans 1983 En as iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ moet julle sê: Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand julle vra, ‘Waarom doen julle dit?’ sê dan, ‘Die Here het hom nodig, en Hy sal hom dadelik hierheen terugstuur.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand vir julle vra hoekom julle dit doen, dan moet julle sê: Die Here wil hom gebruik, maar Hy sal hom gou weer hiernatoe terugstuur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand julle voorkeer en vra wat julle doen, sê vir hom: ‘Die Here het hierdie donkie nodig. Sodra Hy klaar is, sal Hy die donkie terugstuur.’”