Mark 11:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een vraag vra en My antwoord, en Ek sal julle vertel met watter gesag Ek hierdie dinge doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hulle geantwoord: “Ek sal vir julle sê deur watter gesag Ek hier-die dinge doen. Maar dan moet julle eers een vraag beantwoord: |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en antwoord julle My, dan sal Ek julle vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen. |
| Afrikaans 1983 | Jesus sê toe vir hulle: “Ek gaan julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sê met watter gesag Ek hierdie dinge doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het hulle geantwoord: “Ek sal julle een vraag vra. Antwoord My, en dan sal Ek julle sê op watter gesag Ek hierdie dinge doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal vir julle een vraag vra. As julle My antwoord, dan sal Ek vir julle sê wie gesê het Ek mag hierdie dinge doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus reageer toe so: “Laat Ek julle ook ’n bietjie ’n vraag vra en as julle My kan antwoord, sal Ek vir julle sê wie My die reg gee om hierdie dinge te doen. |