Mark 11:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het na Jerusalem teruggekom, en terwyl Hy in die tempel wandel, het die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge na Hom gekom,
Afrikaans (NLV) 2011 Teen hierdie tyd het hulle weer in Jerusalem aangekom. Terwyl Jesus op die tempelterrein rondbeweeg, kom die priesterhoofde, die skrifkenners en die familiehoofde na Hom toe
Afrikaans 1933/1953 En hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl Hy in die tempel rondwandel, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge na Hom
Afrikaans 1983 Hulle kom toe weer in Jerusalem aan. Terwyl Jesus op die tempelplein loop, kom die priesterhoofde en die skrifgeleerdes en die familiehoofde na Hom toe
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe weer in Jerusalem aangekom. En terwyl Hy op die tempelterrein rondstap, kom die leierpriesters, die skrifkenners en die familiehoofde na Hom
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus en sy dissipels het weer in Jerusalem aangekom. Jesus het op die tempel-gronde rondgeloop. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes en die familieleiers het na Hom toe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Jerusalem is Jesus weer reguit tempel toe. Terwyl Hy daar rondstap, kom die godsdienstige leiers van die Jode na Hom toe.