Mark 11:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die môre, terwyl hulle verbygaan, sien hulle die vyeboom wat van die wortels af opgedroog is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle die volgende oggend by die vyeboom verbygaan wat Jesus vervloek het, sien hulle dat dit tot in sy wortels verskrompel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle die volgende môre vroeg by die vyeboom verbygaan, sien hulle dat hy tot in sy wortels verdroog is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle vroegoggend daar verbygaan, het hulle die vyeboom gesien, verdor tot in sy wortels. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus en sy dissipels het vroeg in die oggend by die vyeboom verbygeloop. Hulle sien toe die hele boom het doodgegaan, ook sy wortels. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende môre toe hulle weer by daardie vyeboom verbystap, sien hulle dat die vyeboom wortel en tak dood is. |