Mark 11:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die skrifgeleerdes en owerpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon vernietig, want hulle was bang vir Hom, omdat die hele volk verstom was oor sy leer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priesterhoofde en skrifkenners het hiervan gehoor en allerhande planne begin oorweeg om Jesus uit die weg te ruim. Hulle was immers bang vir Hom en moes daarmee rekening hou dat die massa gaande was oor sy lering. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die skrifgeleerdes en die owerpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon ombring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare verslae was oor sy leer. |
| Afrikaans 1983 | Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het dit gehoor en het na 'n plan gesoek om Hom om die lewe te bring, want hulle was bang vir Hom, omdat al die mense deur sy leer aangegryp is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die leierpriesters en die skrifkenners het dit gehoor en wou Hom om die lewe bring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare verwonderd was oor sy lering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het gehoor wat gebeur het. Hulle wou 'n plan maak om Jesus dood te maak. Maar hulle was bang vir Hom, want die mense het baie gehou van wat Jesus vir hulle geleer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Joodse godsdienstige leiers het daarvan gehoor. Hulle het toe planne begin beraam om Jesus uit die weg te ruim. Hulle was bang dat Jesus te gewild sou begin word, want hulle het geweet dat die mense baie beïndruk was met wat Jesus alles vir hulle vertel het. |