Mark 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy 'n vyeboom van ver af sien met blare, het hy gekom, as hy dalk iets daaraan kon kry; en toe hy daarby kom, het hy niks anders as blare gekry nie; want die tyd van vye was nog nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Hy in die verte ’n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan om te kyk of Hy enige vye daaraan sou kry. Maar toe Hy by die boom kom, kry Hy niks meer as blare nie omdat dit nog te vroeg in die seisoen vir vye was. |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe Hy op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy sien toe op 'n afstand 'n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien 'n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom, kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het van ver af 'n vyeboom met blare gesien, en gaan kyk of Hy nie miskien iets daaraan sou vind nie. Toe Hy by die boom kom, het Hy niks gevind nie, net blare, want dit was nie tyd vir vye nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Hy het 'n vyeboom gesien wat vol blare was. Die boom was ver en Hy het daarnatoe gegaan om te sien of daar iets aan die boom was om te eet. Toe Hy daar kom, sien Hy daar is niks, net blare. Dit was nie die regte tyd vir vye nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sien toe ’n entjie van hulle af ’n vyeboom met blare aan. Hy gaan kyk toe of daar iets aan die boom is om te eet. Dit was ongelukkig nie vyetyd nie, met die gevolg dat die boom net vol blare was. |