Mark 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is die koninkryk van ons vader Dawid, wat kom in die Naam van die Here: Hosanna in die hoogste hemele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geseënd is die Een wat kom in die Here se Naam! Geseënd is die koningsheerskappy van ons voorvader Dawid wat aan die kom is! Prys God in die hoogste hemel!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele! |
| Afrikaans 1983 | Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is! Prys Hom in die hoogste hemel!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Geseënd is die koninkryk wat kom, dié van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Prys Hom! Hy sal nou begin om Koning te wees oor almal, soos ons voorvader Dawid! Prys God in die hoogste hemel!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gaan heers soos ons groot koning Dawid eens op ’n tyd geheers het. Mag God hierdie heerskappy groot en wonderlik maak. Prys God in die hemel!” |