Mark 10:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het in Jérigo aangekom, en terwyl Hy met sy dissipels en 'n groot aantal mense uit Jérigo uittrek, het die blinde Bartimeus, die seun van Timaeus, langs die grootpad gesit en bedel.
Afrikaans (NLV) 2011 So het hulle Jerigo bereik. Later, toe Jesus en sy dissipels vergesel van ’n groot skare Jerigo verlaat, het ’n blinde bedelaar met die naam Bartimeus, die seun van Timeus, langs die pad gesit.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het in J,rigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en 'n aansienlike skare uit J,rigo uitgaan, sit die blinde man, Bartim,s, die seun van Tim,s, langs die pad en bedel.
Afrikaans 1983 Daarna kom hulle in Jerigo aan. Toe Jesus en sy dissipels en 'n aansienlike menigte weer daarvandaan verder gaan, sit daar 'n blinde bedelaar, Bartimeus, seun van Timeus, langs die pad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het in Jerigo aangekom. En toe Hy met sy dissipels en 'n groot skare uit Jerigo vertrek, het 'n blinde bedelaar, Bartimeus, die seun van Timeus, langs die pad gesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus en sy dissipels het in die stad Jerigo gekom. Toe hulle en baie ander mense weer uit Jerigo uitgaan, het Bartimeus, die seun van Timeus, langs die pad gesit. Bartimeus was blind en hy het gebedel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle kom toe by Jerigo aan. Jesus, sy getrouste volgelinge en ’n groot klomp ander mense was net op pad uit die dorp uit toe hulle by ’n blinde man verbyloop wat daar langs die pad gesit en bedel het. Dit was Bartimeus, die seun van Timeus.