Mark 10:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar om aan my regter- en aan my linkerhand te sit, is nie myne om te gee nie; maar dit sal gegee word aan hulle vir wie dit berei is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | maar Ek beskik nie oor wie langs My op my troon sal sit nie. Daardie plekke is bestem vir hulle vir wie God dit gereedgemaak het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar om te sit aan my regter-- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is. |
| Afrikaans 1983 | Maar om aan my regter- of my linkerhand te sit, daaroor besluit Ek nie; dit is vir dié vir wie God dit gereed gemaak het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar om aan my regterhand of linkerhand te sit, is nie vir My om te beskik nie, maar dit is vir hulle vir wie dit voorberei is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek kan nie besluit wie regs langs My en wie links langs My sal sit nie. God het klaar besluit wie daar moet sit.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar Ek kan julle nie beloof dat julle aan weerskante van My sal kan sit nie. Dit is nie vir My om te besluit nie. God maak daardie plekke reg en Hy sal besluit wie sit waar.” |