Mark 10:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê vir hom: Ons kan. En Jesus sê vir hulle: Julle sal wel drink uit die beker waaruit Ek drink; en met die doop waarmee ek gedoop is, sal julle gedoop word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sê vir Hom: “Ja, ons sien daarvoor kans.” “Dis waar,” sê Hy vir hulle. “Julle sal inderdaad van my beker drink en met my doop gedoop word,
Afrikaans 1933/1953 En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;
Afrikaans 1983 “Ons kan,” sê hulle vir Hom. Daarop sê Jesus vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, ja, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê vir Hom: “Ons kan.” Jesus sê toe vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle antwoord Hom: “Ons kan dit doen.” Toe sê Jesus vir hulle: “Ja, julle sal uit dieselfde beker drink waaruit Ek moet drink, en julle sal gedoop word soos Ek gedoop sal word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons sien daarvoor kans,” antwoord hulle vinnig. “Dit is wel so dat julle ook die beker van smart soos Ek sal drink en soos Ek in lyding gedoop sal word,” antwoord Jesus hulle.