Mark 10:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle was buitengewoon verbaas en het onder mekaar gesê: Wie kan dan gered word?
Afrikaans (NLV) 2011 Die dissipels was heeltemal verbysterd hieroor en het vir mekaar gesê: “As dit só is, wie kan dan verlos word?”
Afrikaans 1933/1953 En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?
Afrikaans 1983 Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die dissipels was heeltemal uit die veld geslaan en het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipels was baie verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “As dit so is, wie sal dan kan inkom waar God Koning is?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou was Jesus se volgelinge eers verbaas. Hulle sê toe vir mekaar: “Wie op aarde sal dan in God se nuwe wêreld kan kom?”