Mark 10:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dissipels was verbaas oor sy woorde. Maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe moeilik is dit vir die wat op rykdom vertrou om in die koninkryk van God in te gaan! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy dissipels was verbaas hieroor. Jesus reageer toe en sê weer vir hulle: “Kinders, dit is bitter moeilik om in die koninkryk van God te kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan! |
| Afrikaans 1983 | Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dissipels was verbysterd oor sy woorde. Jesus sê toe weer vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit tog om in die koninkryk van God in te gaan! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels was verbaas oor wat Jesus gesê het. Maar Jesus het ook vir hulle gesê: “My vriende, dit is baie moeilik om in te kom waar God Koning is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié woorde het Jesus se volgelinge nogal verbaas. Maar Jesus het verder gepraat: “My kinders, dit is glad nie so maklik om in die nuwe wêreld van God in te gaan nie. |