Mark 10:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus het rondgekyk en vir sy dissipels gesê: Hoe beswaarlik sal die wat ryk is, in die koninkryk van God ingaan! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het toe rondgekyk en vir sy dissipels gesê: “Hoe moeilik is dit nie vir ryk mense om in God se koninkryk te kom nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan! |
| Afrikaans 1983 | Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sê vir hulle: “Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het toe om Hom rondgekyk en vir sy dissipels gesê: “Hoe moeilik sal hulle wat rykdom het, in die •koninkryk van God ingaan!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het gekyk na die mense rondom Hom en Hy het vir sy dissipels gesê: “Ryk mense sal nie maklik inkom waar God Koning is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus bekyk die situasie toe so en sê vir sy getrouste volgelinge: “Ai, wat ’n opdraande pad is dit nie vir ryk mense om deel te word van God se nuwe wêreld nie.” |