Malachi 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sal die hart van die vaders tot die kinders bekeer en die hart van die kinders tot hulle vaders, dat Ek nie kom en die aarde met 'n vloek tref nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal ouers met hulle kinders versoen en kinders met hulle ouers. As dit nie gebeur nie, sal Ek die land tref met vernietiging.”
Afrikaans 1933/1953 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.
Afrikaans 1983 Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal ouers met kinders versoen en kinders met ouers, sodat Ek nie hoef te kom en die land met 'n banvloek tref nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elia sal die pa’s en hulle kinders weer bymekaar bring. Hulle sal weer lief wees vir mekaar. As dit nie gebeur nie, dan sal Ek kom om die mense op die aarde te straf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Deur sy preke sal verhoudings tussen mense weer regkom. Veral die verhouding tussen ouers en hulle kinders sal weer herstel word sodat dit nie vir My nodig sal wees om die land te kom verwoes omdat die mense mekaar nie liefhet soos Ek hulle liefhet nie. Nuwe Testament