Malachi 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle sal die goddelose vertrap; want hulle sal as onder julle voetsole wees op die dag as Ek dit doen, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sê: “Op dié dag sal julle die goddeloses vertrap asof hulle stof onder julle voete is.
Afrikaans 1933/1953 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983 Julle sal die goddeloses vertrap dat hulle soos stof onder julle voete word die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en julle sal die goddeloses vertrap. Ja, hulle sal as onder die sole van julle voete wees, op die dag wat Ek voorberei,” sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op daardie dag wanneer Ek doen wat Ek wil doen, sal julle op die slegte mense trap. Hulle sal wees soos kaf wat verbrand het.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag sal die onverskillige mense agterkom dat hulle niks is nie, maar julle sal sien dat die Here sy beloftes hou teenoor die mense wat Hom liefhet en na Hom luister.