Malachi 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan met genesing onder sy vleuels; en julle sal uittrek en opgroei soos kalwers van die stal.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar die Son van Geregtigheid, met genesing in sy vlerke, sal opkom vir julle wat eerbied en respek vir My het. Julle sal uitgaan en vrolik rondspring soos kalwers wat uit die kraal kom.”
Afrikaans 1933/1953 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Afrikaans 1983 Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar vir julle wat ontsag het vir my Naam, sal die son van geregtigheid deurbreek met genesing in sy strale. Dan sal julle uitgaan en bokspring soos kalwers wat op stal was,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die son sal skyn oor julle wat My eer. Die son se strale sal julle red en julle gesond maak. Julle sal vry word en rondspring soos kalwers wat genoeg kos gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar vir dié van julle wat My liefhet en aan My gehoorsaam is, sal my verlossing soos die son wees. Wanneer dit opkom, jaag dit die donker weg en gee lig. Daar waar die son se strale op ’n seerplek skyn, word dit vinnig gesond. So sal Ek die nuwe lewe oor julle laat kom. Dan sal julle soos opgewonde kinders wees wat ’n nuwe geskenk kry. Julle sal nie kan wag om vir almal daarvan te vertel nie.