Malachi 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal myne wees, spreek die HERE van die leërskare, op dié dag as Ek my edelstene maak; en Ek sal hulle spaar soos 'n man sy eie seun spaar wat hom dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sê: “Die dag as Ek ingryp, sal hulle my kosbare besitting wees. Ek sal sagkens met hulle werk, soos ’n pa met sy kind wat lojaal aan hom is.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.
Afrikaans 1983 Hulle sal vir My 'n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige. Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hulle sal aan My behoort,” sê die Here, Heerser oor alle magte, “hulle sal my persoonlike eiendom wees op die dag wat Ek voorberei. Ek sal deernis met hulle hê, soos 'n man deernis het met sy seun wat vir hom werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sê: “Hierdie mense sal Myne wees op daardie dag wanneer Ek doen wat Ek wil doen. Hulle sal aan My behoort. Ek sal hulle nie straf nie, soos 'n pa sy seun nie straf as hy gehoorsaam is aan hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here, die Grootkoning: Hulle is my kinders vir wie Ek omgee. Op die dag wanneer Ek rekenskap kom vra, sal hulle vir My soos ’n baie kosbare besitting wees. Ek sal hulle teen my bors vasdruk soos ’n pa met ’n kind maak vir wie hy baie lief is.