Malachi 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien; en wat baat dit dat ons sy verordening onderhou en treurend voor die aangesig van die HERE van die leërskare gewandel het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het gesê: ‘Dis tevergeefs om God te dien. Wat het ons daarby gebaat om sy voorskrifte na te kom of om die Here, die Almagtige, te wys dat ons berou het oor ons sonde? |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel? |
| Afrikaans 1983 | Julle het gesê: “Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle het gesê, ‘Dit is heeltemal nutteloos om God te dien en wat baat dit ons as ons die verpligtinge teenoor Hom nakom en in rouklere loop voor die Here, Heerser oor alle magte? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het gesê: ‘As 'n mens vir God dien, dan help dit niks. Het dit gehelp toe ons gehoorsaam was en alles gedoen het wat God gesê het? Nee. Het dit gehelp toe ons gewys het ons is jammer oor wat ons gedoen het en toe ons geloop het soos mense wat by 'n begrafnis treur? Nee. Dit het ons gedoen vir die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom Ek herhaal julle woorde vir julle: “Dit hou nie vir ons enige voordeel in om die Here te dien nie. Wat help dit om te probeer doen wat Hy sê en met ’n lang gesig te loop om te wys ons is jammer oor wat ons verkeerd gedoen het? |