Malachi 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die nasies sal julle geseënd noem, want julle sal 'n lieflike land wees, spreek die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal al die nasies julle as geseënd beskou omdat julle land begeerlik is.” Dit is wat die Here, die Almagtige, sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou; julle sal in 'n begeerlike land woon, sê die Here die Almagtige. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En al die nasies sal julle gelukkig noem, omdat julle 'n begeerlike land sal wees,” sê die Here, Heerser oor alle magte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Al die volke sal dink dat julle gelukkige mense is, want julle sal 'n wonderlike land hê. Die ander mense sal graag julle land wil hê.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle land sal so ’n wonderlike plek wees dat die mense van die ander lande sal sê: “Kyk hoe seën die Here hulle.” |