Luke 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Herodes, die viervors, het gehoor van alles wat deur hom gedoen is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Herodes Antipas hoor van Jesus se wonders, was hy bekommerd en in die war, want sommige mense het gesê: “Johannes die Doper het uit die dood opgestaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Herodes, die viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek; |
| Afrikaans 1983 | Herodes, die heerser, het gehoor van al die dinge wat gebeur, en hy was in die war omdat party mense gesê het: “Johannes is uit die dood opgewek;” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Herodes, die tetrarg, het van al hierdie gebeurtenisse gehoor en was verward, omdat sommige mense sê dat Johannes uit die dood opgewek is, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Herodes het gehoor van al die dinge wat gebeur het. Hy het baie gewonder wie Jesus is, want die mense het baie verskillende dinge oor Jesus gesê. Party mense het gesê: “Jesus is Johannes die Doper. Johannes het gesterf, maar hy lewe weer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Herodes Antipas, die heerser oor Galilea, het intussen te hore gekom van al die groot dinge wat Jesus doen. Hy was bekommerd daaroor, want party mense het gesê: “Jesus is Johannes die Doper wat weer lewend geword het.” |