Luke 9:61 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n ander het ook gesê: Here, ek sal U volg; maar laat ek hulle eers gaan groet, wat tuis by my huis is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Ander een het gesê: “Ja, Here, ek sal U volg, maar ek wil eers my familie gaan groet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. |
| Afrikaans 1983 | Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nog 'n ander een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om net eers van my huismense afskeid te neem. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand anders het ook vir Jesus gesê: “Ek sal saam met U gaan, maar ek wil asseblief eers vir my familie gaan totsiens sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand anders wat gehoor het wat Jesus alles sê, sê toe vir Hom: “Here, U hoef my nie te vra om U te volg nie. Ek bied sommer self aan om u volgeling te word. Ek wil net gou my familie gaan groet en hulle in kennis stel van my besluit.” |