Luke 9:60 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul dooies begrawe, maar gaan heen en verkondig die koninkryk van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het geantwoord: “Laat dié wat geestelik dood is, omsien na hulle eie dooies. Jou plig is om die begin van die koningsheerskappy van God te gaan verkondig.”
Afrikaans 1933/1953 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.
Afrikaans 1983 Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Jesus het vir hom gesê: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe; maar jy, gaan verkondig jy die •koninkryk van God.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Jesus het vir hom gesê: “Dit is belangriker om My te volg as om te wag totdat jy jou pa begrawe het. Jy moet vir die mense gaan vertel God is Koning.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Jesus was nie tevrede nie. “Los die dooies uit. Hulle het hulle kans gehad. Daar is in elk geval genoeg ander mense wat vinnig op pad is na die doderyk toe wat sal sorg dat jou pa begrawe word. Ek stuur jou nou na mense toe wat nog lewe. Gaan sê vir hulle God se nuwe wêreld is hier.”