Luke 9:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hom nie ontvang nie, want sy aangesig was asof hy na Jerusalem sou gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die mense van die dorpie wou niks met Jesus te doen hê nie omdat Hy van plan was om Jerusalem toe te gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was. |
| Afrikaans 1983 | Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Samaritane het Hom nie ontvang nie, omdat Hy doelgerig na Jerusalem op pad was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense wou nie vir Jesus daar hê nie, omdat Hy na Jerusalem wou gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe die inwoners hoor dat Hy op pad was Jerusalem toe, wou hulle niks met Hom te doen hê nie. Die Samaritane en die Israeliete het immers glad nie met mekaar oor die weg gekom nie. |